Sebastian Vettel

Sebastian Vettel
Sebastian Vettel in 2019
Sebastian Vettel in 2019
Geboortedatum 3 Julie 1987 (1987-07-03)
Geboorteplek Heppenheim, Hesse, Wes-Duitsland
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitser
Aktiewe jare 2007-2022
Ou span(ne) Red Bull, Ferrari,[1][2]
Aston Martin-Mercedes
Motornommer 5
Inskrywings ( begin)
Kampioenskappe 4 (2010, 2011, 2012 en 2013)
Eerste F1-wedren 2007 VSA Grand Prix
Eerste wen 2008 Italiaanse Grand Prix
Laaste wen 2019 Singapoerse Grand Prix
Laaste inskrywing 2022 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2022
Verlede jaar plek 11de (37 punte)

Sebastian Vettel (gebore 3 Julie 1987 in Heppenheim) is 'n Duitse Formule Eenrenjaer. Hy is reeds 'n viermalige wêreldkampioen, in 2010, 2011, 2012 en 2013. Tot einde 2020 was hy 'n lid van die Scuderia Ferrari-span saam met spanmaat Charles Leclerc. Vettel het op 12 Mei 2020 aangekondig dat sy en Ferrari se paaie aan die einde van die 2020 Formule Een-seisoen gaan skei.[3] Hy was in 2021 en 2022 opgeneem in die Aston Martin-Mercedesspan.

Vettel het in 2007 op die ouderdom van 19 jaar en 53 dae die jongste Formule Eenbestuurder geword wat (op daadie tydstip) nog aan 'n Grand Prixwedren deelgeneem het. Tydens die wedren by die 2007 Verenigde State Grand Prix het hy ook die jongste bestuurder geword wat kampioenskapspunte kon verdien. Terwyl hy vir die Toro Rossospan by die 2007 Japannese Grand Prix gejaag het, het hy ook die jongste bestuurder geword wat in die eerste posisie kon wegspring tydens 'n wedren.

Vettel se bynaam is Baby Schumi, te danke aan sy bestuurstyl wat soortgelyk is aan die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Michael Schumacher.

  1. "Welcome Sebastian – Vettel and Raikkonen 2015 driver pairing". Ferrari (in Engels). Ferrari. 20 November 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2015. Besoek op 20 November 2014.
  2. "Sebastian Vettel" (in Engels). Ferrari. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 23 Maart 2015.
  3. https://maroelamedia.co.za/sportnuus/ander-sport/vettel-en-ferrari-se-paadjies-skei/ Besoek op 13 Mei 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy